SAPD en EMPD se stadige reaksie lei tot die dood van 4 elektriese Subkontrakteurs van Ekurhuleni #CeO
Interessant hoe koerante vals nuus versprei wat deur #CoE se hofsangers op gedis word sonder om die betrokke gemeenskap in die saak te ken! Hulle het ons ,Cruywagenpark, se krag kom herstel MAAR was deur 'n naburige gemeenskap Egoli en Graceland aangeval. Ons was alreeds meer as 24 uur sonder krag. Egoldi se krag was reeds herstel.
Sekuriteit, SAPD en EMPD was ontbied. EMPD was nêrens in sig nie.Die koerante en CoE val die verkeerde gemeenskap aan, maar bevraagteken nie waarom die SAPD en EMPD nie wet en orde gehandhaaf het nie en waarom hulle nie die Subkontrakteurs se lewens gered het nie . 🤔 SAPD het op hul tyd opgedaag. Die 4 Subkontrakteurs was dood gesambok in hul teenwoordigheid. Hul het die toneel verlaat en die liggame net so gelos. EMRS was weggejaag maar het later terug gekeer .Die liggame is later die aand verwyder.
Ons het toe 10 dae sonder krag gesit danksy valse nuus/ info verspreiding, politiek en onbekwame bestuur . Na 'n klomp gat lekkery was ons krag 10 dae later herstel, terwyl die anargiste lekker krag het. Ons krag kon die Sondag middag/aand of Maandag oggend herstel gewees het.
Blykbaar is daar oor die 20 arrestasies in Egoli en Graceland gemaak.
Is daar toe persone van belang aangekla en was daar al 'n hofsitting?
Opmerkings
Plaas 'n opmerking