Berig regstelling van die Cruywagenpark moorde agv die valse nuus wat deur News24 versprei is

 Alex Patrick

Vier elektrisiëns wat deur Ekurhuleni-inwoners vermoor is terwyl hulle krag na hul woonbuurt probeer herstel het

10 Mrt






Vier kontrakelektrisiëns is Maandag in Cruywagenpark vermoor nadat hulle deur sommige lede van die einste gemeenskap wat hulle kom help het, aangeval is.




Die joernalis behoort homself te skaam om mense wat niks met die misdaad te doen het nie valslik te beskuldig van iets wat hul nie aanskuldig is nie. 


Zweli Dlamini is 'n kompulsiewe leuenaar en die hofnar van Tanya Campbell. Agv die leuens het ons 10 dae sonder krag gesit omdat politieke mag belangriker is as diens. Ons gebied het riool en vullis probleme wat die veld en vlei besoedel. 'n Boom wat dreig om op karre te val en die pad te versper was maande gelede al gerapporteer saam met die trae reaksie om elektriese kabel, riool en vullisverwydering probleme, beloftes deur die Demokratiese Alliansie Burgermeesters komitee is gemaak en sou nou al uitgevoer gewees het, maar sedert verlede Donderdag antwoord hul nie hul fone of gee epos terugvoer nie. Die VF+ het uiteindelik tot ons redding begin kom.




Ons krag het Sondag blykbaar so by 14h50 afgegaan wat die hele 'Clayville gebied, dit Elsburg, Elspark, Egoldi en Graceland insluit en die rede was blykbaar'n transformator substasie wat aan die brand geslaan het.'. Beurtkrag sou 16h00 - 18h00 wees. Soos gewoonlik is Elspark, toe Elsburg @ 18h00 herstel en later Egoldi en Graceland, maar vir die soveelste keer is ons vergete. Die CoE toepassing werk ook nie. Oornag het kabeldiewe blykbaar toegeslaan en Kabel op die brug in Sarel Hattingh str gesteel. 


Na verskeie rapporterings Maandag is daar blykbaar subkontrakteurs 17h30 uitgestuur. Vermoedelik was die subkontrakteurs arrogant en aggressief, (en dalk moontlike onwettige immigrante vandaar Zweli Dlamini sê toesmeerdery), teenoor verbygangers. Hul het blykbaar geen werkskaarte of identifikasie dat hul vir Ekurhuleni werk gehad nie . Ons het 'n Woordewisseling gehoor so teen 17h45 vanaf ons stoep en toe straat af gestap om te sien wat aangaan. Daar was ons geveer 'n groep van 8 swartmense in 'n argument in 'n swart taal. 


Verbygangers het vir ons gesê hul is kabeldiewe, ons het die Graffiti, Makopano, SAPD en EMPD laat weet.


Intussen het honderde mense vanaf Egoli en Graceland na die toneel gestroom en toe begin die spul die subkontrakteurs met sambokke aanval en al wat kom is die SAPD en EMPD.


Een SAPD voertuig het stadig verby gery en niks gedoen nie en later het 3 SAPD voertuie opgedaag. Die 4de slagoffer het onder brug blykbaar weggekruip, is ontdek, het rivier af probeer vlug, en is onderskep en is onder toesig vd SAPD so aangerand dat dié later aan sy wonde beswyk het. Die omstanders het probeer om die subkontrakteurs se bakkie oor die reëling vd die brug te stoot ,toe klap die skote. Die SAPD het die liggame net so gelos en die toneel verlaat. Die omstanders het toe die subkontrakteurs se bakkie oor die reëling vd die brug te stoot en aan die brand gesteek. n EMPD het later verby gery, met omstanders en die toneel verlaat.


Van die omstanders het toe begin om die toneel te verlaat.


Omdat dit donker begin raak het ons ook maar eerder huiswaarts gekeer van waar ons op die straathoek die tragiese gebeure waargeneem het.


 In my agterkop en ander se opmerkings was wat as dit nie kabeldiewe was nie - dis toe later bevestig dat dit eintlik werkers was.




Nou brandmerk Zweli Dlamini, Tanya Campbell en haar Raad ons vir so 'n afskuwelik daad agv hul onbekwaamheid om 


1.krag so gou as moontlik te herstel,


2. Die swak reaksie tyd vd EMPD , SAPD en onluste eenheid


3. Die brandweer en nooddienste


4. Swak bestuur vd omgewing


5. Swak terugvoer


6. Disrespek teenoor die oorledenes


7. Dat die oorledenes doodgeslaan is terwyl SAPD toegekyk het en niks gedoen het nie




Blykbaar is oor die 20 perserone in Egoli en Graceland inhegtenis geneem.Het hul al in die hofverskyn en op watter aanklagtes ?




Tanya Campbell skuld ons gemeenskap 'n verskoning vir die raad se onverantwoordelike uitsprake Hierdie woordvoerders is eintlik 'n teken van swak leierskap.'n Goeie leier sal sal self praat.




Nou 'n laaste ding is gaan Ekurhuleni #CoE ons vergoed vir die valse aantuigings wat emosionele pyn en lyding asook skade vergoeding vir verlies aan vrieskas kosse ? As hul enige integriteit het sal hul, maar ek twyfel of die Democratic Alliance enige integriteit het.. 





Ons is 3 gemeenskappe hier. Cruywagenpark ( 'n kosmos middelklas gemeenskap ) was die gemeenskap sonder krag , MAAR die aanval was deur gemeenskap vd naburige Egoli en Graceland uitgevoer ( wat 'n RDP behuising gemeenskap is ). Zweli Dlamini is 'n volslae leuenaar en kwaadstoker ( en rasis ) en so ook die joernaliste wat hierdie berig ondersteun en versprei:

Woordvoerder van die stad Ekurhuleni, Zweli Dlamini, het gesê:

“Wat die situasie vererger, is dat hierdie slagoffers van wrede moord probeer help het met die stabilisering van elektrisiteit in dieselfde area waar hulle sinneloos aangeval is.

Vier kontrakelektrisiëns is Maandag in Cruywagenpark vermoor nadat hulle deur sommige lede van die einste gemeenskap wat hulle kom help het, aangeval is.


Foto's en Video's

Opmerkings